Landbouweekblad: Tegnologie Digital Back Issue Cover

Landbouweekblad: Tegnologie (Digital)

About Landbouweekblad: Tegnologie

Elke mens het daagliks met “tegnologie” te doen. In die breë landboubedryf behels dit dinge soos presisiewerktuie, beter planttelingstegnieke, hommeltuie (drones) wat vir alles van gewasmonitering tot die opsporing van misdadigers ingespan word, en sonkrag wat toenemend goedkoper en betroubaarder word – in so ’n mate dat ’n kommersiële boer sy plaas onlangs heeltemal van die Eskom-netwerk ontkoppel het. Veeboere het nuwe tegnieke wat dit makliker maak om die grootste moontlike nageslag van waardevolle teeldiere te verkry, terwyl die presisiemonitering van voeromsettingsdoeltreffendheid hulle help om die beste diere te selekteer. In die tyd van Covid-19 het boere ook digitale veilings aangegryp om hul diere te bemark. Die naspeurbaarheid van landbouprodukte raak toenemend belangrik. Die wolbedryf en sommige rooivleisboere reeds suksesvol daarmee. Al hierdie aspekte en meer word in hierdie eerste uitgawe van Landbou Tegnologie gedek, asook vernuwende denke in die vorm van herlewingslandbou. Uiteindelik het tegnologiese produkte en stelsels net waarde as jy dit gebruik om jou boerdery beter te bestuur, beter te kommunikeer en hulpbronne te bewaar. Hopelik help dié tydskrif jou daarmee.


The number of issues included in a magazine subscription (frequency) is subject to change without notice. Additional double issues may be published, which count as 2 issues. Applicable sales tax will be added. Offer void in Vermont. Magazine covers are used for illustrative purposes only and you may not receive a copy of the particular issue depicted. Your subscription will include the most recent issue once your subscription begins. Magazine covers are the property of the publisher. This site is not officially affiliated with, associated with, or endorsed by Landbouweekblad: Tegnologie or the publisher.