About Huisgenoot Beste Resepte – 100 Jaar se gunsteling
Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud en in dié wonderlike publikasie bring ons al die ikoniese Huisgenoot-resepte byeen wat deur die dekades in jou gunsteling-tydskrif verskyn het. Elkeen kry ’n moderne kinkel sodat dit met gemak op ’n 2016-kostafel kan pryk. Daar’s poedings, koeke, ligte geregte, slaaie, ontbyt en natuurlik alles wat op ’n Sondag ons tafels laat kreun het. Dalk onthou jy nog van die gewildste resepte, soos skoonma-se-tong, smelt-in-die-mond-biefstuk en Boelie! Ons kyk ook hoe Afrikaanse kooktradisies deur die jare ontwikkel en verander het, en natuurlik is daar resepte en wenke van die befaamde digter-dokter-lekkerbek C. Louis Leipoldt, wat in die 1940’s kosbydraes in Huisgenoot gelewer het. Dalk kan jy selfs ’n paar van die ou kookkunsies beproef, soos die 1919-wenk om jou piekels met ’n klip bo-op te bêre!
This issue is delivered to your digital reading account and is not refundable once delivered. Cover art and
titles are the property of the publisher and are shown to identify the product. DiscountMags.ca is an
independent retailer and is not affiliated with or endorsed by Huisgenoot Beste Resepte – 100 Jaar se gunsteling or its
publisher.